Tuesday, 8 October 2013

Tuis in ons nuwe huis

Wat 'n wonderlike verbetering om te woon in jou eie tuiste. In vergelyking met die huur huis is die huis 'n kasteel. Al het die kasteel ook vreeslik baie werk wat gedoen moet word, is dit heerlik om die ruimte te he. Baie moet nog herstel word, bokse wat nog uitgepak moet word en dingetjies wat gedoen moet word, maar wat 'n heerlike uitdaging. Dit raak soms maar eensaam veral as ek alleen tuis is, moet maar net my te doen lysie in orde kry.
Dink baie aan Dirk en Ivana wat nou ook besig is met hulle huis daar ver in Australie, ai mis hulle so baie die kuiers en geselsies veral. Sterkte met julle geverwery daar doer ver in Aussie.