Om tuis te wees het sy voordele. Dit is lekker ontspannend, jy kan doen wat jy wil wanneer jy wil. Wel darem meeste van die tyd en dinge. Huis skoon maak tel nie. Dit moet gedoen word, skottelgoed gewas word en wasgoed gehang word. Die negatiewe ding van tuis wees is die feit dat jy nie 'n inkomste het nie en in jou man se oe moet staar vir 'n geldjie. Dis 'n problem as jou kreatiewe sappe jou in die steek gelaat het met idees hoe om geld te maak. Al wat ons op die oomblik kan doen is om te vertrou dat God sal voorsien. Wat Hy ook doen. Nie soos ons dit seker wil he nie, maar tog sleep hy ons elke maand deur. So dankbaar dat daar 'n hoër hand is wat ons lewe rig en ly. Ek kwilt dat die biesies bewe en geniet elke oomblik daarvan.